WELKOM BY
Antipas Gemeente
Ons is ‘n Gereformeerde-Baptiste gemeente wat bestaan vir die eer van God Almagtig. Dis ons begeerte om Sy Heerskappy in alles te verkondig, mekaar te onderrig in die Skrifte van die Ou– en Nuwe Testamente van die Bybel en om elke mens tot volwassenheid in Christus te lei.
Sola Gratia – Uit genade alleen!Sola Fide – Deur geloof alleen!Sola Scriptura – Die Bybel alleen!Solus Christus – Christus alleen!Soli Deo Gloria – Aan God alleen die eer!
Ons Dienstyd
Elke Sondagoggend kom ons bymekaar @ Voortrekker Straat 68
08h00
Erediens
09h15
Saam kuier in die saal
Nagmaal
Elke laaste Sondag van die maand tydens die Erediens
HOEKOM
ons bestaan
Ons bestaan slegs vir die eer van God, die Almagtige Skepper van hemel en aarde. Verder is dit ons begeerte om ‘n gemeente te wees, gebou op die eeue oue Reformatoriese belydenisse van die Kerk van Christus, dat die mens slegs uit genade deur geloof alleen in die voltooide en volkome werk van Christus, die ewige lewe kan beërwe.
“Jesus het vir hom gesê: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.'” – Joh. 14:6