Wie is ons

Die doel van die Gemeente

Die Gemeente bestaan vir die eer van God; die toerusting van gelowiges deur verklarende (uitleg) prediking en Bybelse herderlike versorging en die evangelisering van die verlorenes in ons wêreld.

Ons voorneme is soos Paulus dit gestel het in 1 Kor. 2:2, om slegs oor Jesus Christus te praat en wel oor Hom as die gekruisigde en opgestane Verlosser van mense!

Ons wag op Sy wederkoms, soos die Skrif dit sê: “Ja, Ek kom gou.” – Op. 22:20

Ons wil die waarheid van die evangelie van Jesus Christus aan alle Afrikaanssprekende mense in ons omgewing bekend maak sonder om enige soekende persoon uit te sluit.

Ons wil…

Onsself verbind tot gereelde bestudering van die Bybel

Onsself verbind tot gedissiplineerde gebed vir ons land en sy mense

Onsself verbind deur gedissiplineerde Kerkbywoning en ‘n heilige lewenswandel

Onsself verbind om mekaar te dien met die gesindheid van Jesus Christus die Here

Ons Mense